GRAAFF-REINET NEWS - Dr. Edward Rankwana, die munisipale bestuurder van Dr. Beyers Naudè-munisipaliteit, is weer aangestel vir vyf jaar tydens gister se spesiale raadsvergadering.
Dit volg nadat sy kontrak verlede jaar Julie verstryk het en hy daarna op 'n maand-tot-maand kontrakbasis aangestel was.
Die ANC (11) en CSA (1) het ten gunste van die heraanstelling gestem terwyl die DA (10) , FF+ (1) en EFF (1) teen die heraanstelling en ten gunste van heradvertering gestem het. Die aanstelling is toe met die beslissende stem van die speaker (CSA) bekragtig.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'