GRAAFF-REINET NUUS - Indien jy nog geen planne het vir Vrydag, 9 November nie, moet jy beslis die volgende geleentheid in jou dagboek aanteken.
Op 9 November kan Graaff-Reinetters uitsien na 'n vertoning deur Dowwe Dolla en Wikus van der Merwe by dié kuierplek.
"Ons sien uit daarna om Margit Meyer-Rödenbeck en Wicus van der Merwe hier by ons te hê. Dit gaan beslis 'n aand wees wat almal gaan onthou. Jy wil nie uitmis nie, so maak seker dat jy nou al jou tafel bespreek," sê Almare.
Verrigtinge skop om 19:00 af en tydens die verrigtinge kan jy ook uitsien na die heerlike Pioneers-mandjies wat bedien gaan word.
Besprekings vir die geleentheid is noodsaaklik, so maak seker dat jy vooraf jou tafel bespreek. Kaartjies beloop R120 per persoon en is beskikbaar by 049 892 5049 of 084 433 0612.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'