GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet Primêr was Woensdag, 9 Januarie, slaggereed om al hul nuwe Graad 1'tjies welkom te heet by die skool.
Hierdie jaar was die trane min onder die nuwe maats, terwyl die mamma's mekaar buite die klasse vertroos het.
Die skool se bekwame juffrouens het die kinders sommer vinnig tuis laat voel en was die leerders almal pragtig geklee in hul nuwe skooluniforms.
Aan entoesiasme was daar nie ‘n tekort onder die leerders nie en het die kleintjies die skooljaar en sy veel uitdagings met geesdrif aangepak.
Slaggereed vir die skooljaar.
So pak hulle die skooljar met geesdrif aan.
Geen tekort aan entoesiasme onder hierdie kleintjies nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'