CRADOCK NUUS - Die Cradock-diereskuiling het laat verlede jaar 'n kompetisie op Facebook van stapel getuur deur mense op hul blad, Cradock Animal Shelter, uit te daag om meer lede vir die skuiling te werf en aktief betrokke te raak by die werk wat die skuiling doen.
Veral oor die feestyd is baie diere alleen tuis gelos, en moes die diereskuiling hul veldwerkers uitstuur om toe te sien dat diere gevoer word en skuiling het.
Ook rondloperdiere word gereeld deur die skuiling in hul sorg geneem en dan word eienaars of nuwe eienaars op Facebook gesoek.
Die wenner van die kompetisie is Marlise Baleta-Cronjé van Cradock en sy het hierdie week 'n pragtige troeteldierkwilt van die borg, Hofmeyr Hugs of Hope, ontvang. Die prys is 'n troeteldierkwilt oftewel, A Quilt-for-a-Pet.
"Ek is so bly oor die pragtige Quilt for a Pet. Dit is professioneel afgewerk en mooi verpak. Baie dankie," het Baleta-Cronjé gesê.
Om by die Cradock-diereskuiling betrokke te raak, kontak 083 560 3385.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'