GRAAFF-REINET NUUS - Twee boogskuts van Hoër Volkskool het sedert 2020 deurlopend aan boogskietkompetisie deelgeneem waarvan sommige byeenkomste virtueel aangebied is.
Tydens die nasionale boogskietkompetisie, wat in 2021 by Daniel Pienaar in Uitenhage gehou is, het Freddie van der Mescht en Annelie Pieterse na die top-60-skuts in Suid-Afrika deurgedring.
Hulle neem op 12 Februarie aan 'n kompetisie in Uitenhage deel om vir die nasionale span te kwalifiseer.
Annelie Pieterse
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'