Gallery
KAROO NUUS - Die Karoo is nat ná goeie reënval die afgelope week. Die dorre vlaktes is binne 'n ommesientjie in 'n grasgroen landskap omskep en oral staan plasse water.
Die goeie reënval van Dinsdag 22 November, toe 22 mm geval het, is Saterdag 4 Desember met 32 mm opgevolg en Sondag met 'n verdere 7 mm. Nog reën word vanaf dié naweek en vir 'n groot deel van aanstaande week voorspel.
Hoewel die Pienaarsrivier sterk geloop het, lyk dit nie of daar enige noemenswaardige verskil in die Mqwebadam se watervlak te bespeur is nie en sal heelwat meer reën in die opvanggebied moet val voordat die damvlak sal styg.
Fotogalery: Dit is lekker nat in die Karoo
Die boere in die distrik juig en die wildsbokke in die Camdeboo-natuurreservaat bokspring baldadig.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'