KLEIN KAROO NUUS - 'n Bekende toerisme-aantreklikheid, Die Hel (Gamkaskloof) in die Swartberge, sal tot 2 Desember gesluit wees.
Dit volg na 'n brand op 25 November in daardie area uitgebreek het.
Loren Pavitt, woordvoerder van CapeNature, sê dat die brand onder beheer is, maar dat Die Hel toe is vir die publiek omdat dit tans te gevaarlik is om te besoek.
Die omvang van die skade wat deur die brand aangerig is, is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'