Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die vrou wat saam met haar drie kleindogters in 'n brand op 7 September in haar sinkhuis vasgevang was word vandag, 23 September, ruste gelê - Martha Roberts (63) het in die informele nedersetting in Riemvasmaak gewoon.
Twee van die drie kleindogters, Melrhiana (12) en Chevonne (9) Roberts het die aand van die brand in die vuur omgekom en is op Vrydag 15 September begrawe.
Roberts en die 5-jarige suster, het die vuurdood ontsnap en is na die Midland-hospitaal gehaas en daarna na die Dora Nginza-hospitaal oorgeplaas - Martha het egter die stryd op 12 September verloor.
Haar suster, Katy Swartz, vertel dat die familie hierdie tyding ontvang het terwyl die troosdiens vir Melrhiana en Chevonne nog aan die gang was.
Volgens Swartz is die 5-jarige steeds in die hospitaal en alhoewel sy nog nie stabiel is nie, is sy uit die waakeenheid geskuif.
Die laaste verering van Roberts se ter nagedagtenis sal 9:00 by haar dogter se huis in Riemvasmaak plaasvind en die begrafnisdiens by die kerk om 10:00.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’