KLEIN KAROO NUUS - Die pad tussen De Rust en Oudtshoorn sal vanaf vandag (13 Desember) tot 6 Januarie oop wees sonder enige STOP/RY beheerpunte.
Geen konstruksiewerk sal in die tydperk plaasvind nie, maar werkers is op bystand indien onvoorsiene omstandighede vereis dat beheerpunte weer ingestel word.
Werk aan die pad tussen Oudtshoorn en George is intussen ook voltooi en verkeersvloei word vergemaklik deur die nuwe verbysteeksones wat aangebring is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'