GRAAFF-REINET NUUS – Die Nqwebadam wat Graaff-Reinet van water voorsien, het tot 'n kritieke vlak gedaal.
Die vlak van die dam is tans 16.91%. Waterbeperkings is reeds in die hele munisipale gebied sedert vroeg vanjaar van krag.
Die situasie is baie ernstig en inwoners word herinner om water net binne-in die huis te gebruik.
Boetes van tot R500 kan opgelê word aan enigiemand wat die beperkings oortree.
Die munisipaliteit sal inwoners in kennis stel sodra daar 'n verbetering in die situasie is.
Rapporteer alle waterlekkasies en enige misbruik aan 049 807 5756 of 049 807 5904.
Die noodnommer vir die Munisipaliteit se beplannings- en ingenieursafdeling is 082 653 4009.
Inwoners word ook versoek om enige lekkasies in en om die huis (soos byvoorbeeld in die toiletbak) te herstel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'