CRADOCK NUUS - Cradock Voorbereidingskool het gister 16 Januarie reeds hulle graadeens by die skool verwelkom.
Altesaam 118 graadeens is persoonlik deur die skoolhoof, Karin Swart, in die voorportaal van die skool verwelkom.
Hulle is daarna na hulle afsonderlike klasse geneem waar ouers foto's kon neem van dié groot dag.
Singa Tywaku kon nie wag om sy skoolklere aan te trek nie.
Karin Swart, skoolhoof van Cradock Voorbereidingskool, het persoonlike elke Graad 1 leerder in die voorportaal van die skool verwelkom. Visser Vermaas, staan links, en Al-Jo Fleurs, staan regs van haar. Hulle was reeds vroeg-vroeg daar om die groot dag te begin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’