CRADOCK NUUS - Cradock Voorbereidingskool het in samewerking met Fanie Theron en Huis Joubert hul heel eerste gholfdag en damesoggend by Cradock Gholfklub gehou.
Cradock Gholfklub se lokale was ideaal vir die damesoggend en die gholfbaan langs die Visrivier is in ‘n puik toestand.
Presies 104 gholfspelers het opgedaag en gesorg vir 'n lekker vol veld. Beide die geleenthede is goed ondersteun en plaaslike ondernemings het ruim borgskappe verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’