KAROO NUUS - Die jaarlikse Vroue Landbouvereniging Kaapland (VLVK)-kongres is op 16 en 17 Augustus by die Misty Valley Farm, naby Hartenbos gehou.
Agt afgevaardigdes, asook die sirkelpresident, Isabel Wilken, het vanuit Sirkel-Cradock die geleentheid bygewoon.
Sirkel-Cradock het uitstekend gevaar in die kompetisies, met Somerset-Oos wat as die tak met die meeste punte in die Leefstyl-inskrywings gekroon is.
Kookhuistak, wat die tweede kleinste VLV-tak by VLVK is, ontvang die toekenning as tak met die meeste punte in die kuns- en handvlytkompetisies.
Die burgemeester van Mosselbaai, Dirk Kotze, het die kongres verwelkom en die ambassadeur van Oekraïne, Liubov Abravitova, was die gasspreker.
Sarie Schoeman het die trofee ontvang namens Somerset Oos as Tak met meeste punte in Leefstyl. Foto: Juan-Mari Gouws
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’