CRADOCK NUUS - Laura Todkill, 'n inwoner van Cradock, het op 19 September 'n optog deur die strate van Cradock gereël met die titel "Geregtigheid vir Boere."
Die gemeenskap van Cradock het haar ondersteun en teen 11:00 het groot getalle opgedaag by die stasie vir die optog. Teen 12:00 is die optog afgesluit met 'n gebedsgeleentheid weer by die stasie. Die SAPD van Cradock het die groep ook later vergesel en die gebedsgeleentheid saam met die gemeenskap bygewoon.
Die Cradock motorfietsklub het ook deelgeneem en 'n groot aantal motorfietsryers het opgedaag.
Rondom 100 mense het aan die grootste deel van die vreedsame optog deelgeneem. Drie jeugdiges, Bianca Schenk, Gerhard van Jaarsveld en Heinrich Geldenhuys het ook die optog meegemaak op hul perde.
River Baleta, 'n Taurette sindroom lyer van Cradock, het ook deelgeneem met die opname van 'n video vir verspreiding. Hierdie Youtube video is beskikbaar onder die titel "River of Real life: Justice for Farmers."
"Ek voel opgewonde oor die bewusmakingsveldtog. Boere voorsien kos, en daarom moet ons as inwoners hul oppas en beveilig," het 'n emosionele Todkill meegedeel.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'