CRADOCK NUUS - "Op Jeugdag het Hoërskool Cradock se leerlingraad teruggegee aan hulle plattelandse dorp. Hulle het regtig in die jeug van die dorp belê."
So sê Jana du Toit, mediaverteenwoordiger van Hoërskool Cradock.
"Die hoofdoel van die leerders was om interaktiewe kunste skep waarvan enige iemand deel kan voel en om kreatiewe kunstenaars te help om 'n 'Art Hub' te skep waarmee kunste vertoon kon word en interaktief gebruik kan word."
In die meeste kleiner dorpies is dit gemeenskapsprojekte wat die egtheid van hulle dorpie bewaar. Deur aan die projek deel te neem, bewys dit dat alle skole (arm en ryk) die jeug kan opvoed rakende die waardering van geletterdheid en kunste, net deur die vraag te vra: "Wat kan ons doen om die kinders te inspireer en te leer wat esteties mooi is?"
Volgens haar is dit reeds lankal bewys dat kunstenaars anders na die lewe kyk, want hul sien die diepte, die mooi en die andersheid raak.
"Hoe noodsaaklik is dit nie in die huidige omstandighede, dat elkeen leer om 'anders' na die lewe te kyk en net die mooi, positiewe en kreatiewe sy raak te sien nie. Dit is bewys dat kunswerke die gevoel van ontspanning, kreatiwiteit en inspirasie bevorder."
"Dit het hulle kommunikasie, probleemoplossing, kreatiwiteit, kritiese denke, spanwerk en samewerking geleer. Hierdie projek skep ook die geleentheid vir inwoners wat nooit die kunste sien nie, om dit wel te kan ervaar en om te kan sê: hier is dit, in my eie dorp."
Die leerders het hard aan hul kunswerke gewerk.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'