CRADOCK NUUS - "Die oorgroeide onkruid wat die plaaslike begraafplaas oorneem, is elke jaar die voedingsbron van brande," vertel Hugo Barendse, 'n plaaslike inwoner. "Nou het die begraafplaas weer gebrand."
Barendse en Ivan Stock van 'n plaaslike sekuriteitsfirma het eerste op die brand gereageer.
"Die begraafplaas het die afgelope naweek weer vlamgevat en die vermoede is dat kinders wat daar woon moontlik hitte gesoek en van die bosse aan die brand gesteek het."
Die sterk wind wat Sondagnag begin waai het, het sake net vererger en dit het heelwat mannekrag en goeie samewerking geverg om die brande onder beheer te kry.
Lees meer in hierdie week se Graaff-Reinet Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'