GRAAFF-REINET NEWS - 'n Egpaar van Graaff-Reinet, Niel en Charlene Colyn, is onkeerbaar op die wenpad met rolbal.
Nege jaar gelede, tydens 'n besigheidsliga-rolbaltoernooi in Graaff-Reinet, het die rolbalgogga vir Niel gebyt. 'n Jaar later, ook tydens 'n besigheidsliga-spel, byt dié gogga toe ook vir Charlene. Nou speel hulle beide vir die Oostelike Provinsie.
As 'n kaptein in die polisie, is Niel ook die afgelope drie jaar president van OP Polisie Rolbal.
Met die laaste geborgde SA-Polisie Rolbal kampioenskappe in 2012, het Niel goud gewen.
In Graaff-Reinet is hy ook betrokke by die plaaslike klub se bestuur.
Charlene is tans die Graaff-Reinet-klubkampioen.
In 2018 het sy en Niel die OP-parespel gewen. Drie weke gelede het Niel ook die OP-meesterspel in Port-Elizabeth gewen.
In die Midlander-kampioenskappe is Niel slegs die derde speler wat al sewe die kompetisies gewen het.
Niel moedig jong mense aan om op 'n vroeë ouderdom te begin rolbal speel. "Ons het die jeug nodig as opkomende kampioene," het hy gesê.
Beide Niel en Charlene speel rolbal vir die samesyn onder die spelers, en nie net vir kompetisie nie.
Niel Colyn
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'