CRADOCK NUUS - Hoërskool Cradock het puik resultate behaal by die Aliwal-Noord-eisteddfod wat op 24 Augustus plaasgevind het.
Die dramagroep het daarin geslaag om die gehoor tot trane te dryf, soms hartseertrane en soms trane van vreugde.
Die sangers en pianiste het hulle harte uitgesing en gespeel en die koor het weer 'n hoendervleisvertoning gelewer.
Selfs die kunstenaars en skrywers het kreatiewe inskrywings gelewer wat groot lof ingewin het.
Uitslae is as volg:
Drama
- Een goud
- Vier dubbelgoud
- Een trippelgoud
Sang
- Drie goud
- Drie silwer
- Twee brons
Klavier
- Twee dubbelgoud
- Vier goud
- Twee silwer
Koor
- Dubbelgoud
Kuns
- Een trippelgoud
- Een dubbelgoud
- Een silwer
Skryfkuns
- Een trippelgoud
- Een goud
Die groep leerders het puik uitslae behaal by dié Eisteddfod.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’