CRADOCK NUUS - "Plaaslike skole was bevoorreg om besoek te ontvang van die Resurgence Group vanaf Oviston," sê Anita Muller van die Vukusebenze Shelter in Cradock (Nxuba).
Volgens Muller het die groep jong mense skole besoek waar hul die Christelike boodskap oorgedra het en ook die gevare wat die jeug bedreig, bespreek het.
"Die groep het pragtig saamgesing en ons het hul gereeld hoor bid terwyl hul hier tuisgegaan het. Hul het ook groot klem gelê op die misbruik van dwelms en dagga wat daagliks tot die jeug se beskikking is. Die groep reis van dorp tot dorp om hul boodskap oor te dra," het sy gesê.
Christelike groep van Oviston besoek skole. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'