GRAAFF-REINET NUUS - Chanté van Rooyen, ‘n oud-leerder van Hoër Volkskool in Graaff-Reinet, het onlangs haar BSc Fisioterapie graad met lof geslaag aan die Universiteit van Stellenbosch.
Tydens haar studies het sy nie net haar graad cum laude verwerf nie, sy is ook aangewys as die beste student in haar studierigting in 2018, en is aangewys as die student met die beste prestasie in Kliniese Fisioterapie, Toegepaste Fisioterapie en Navorsings Metodologie.
Chanté was in 2014 onder-hoofmeisie van Hoër Volkskool en wil sy graag aan haar oud-skoolhoof Hennie van Rooyen en al sy personeel, die personeel van Laer Volkskool sowel as Karin van Wyk en haar personeel van Weppie Preppie, bedank vir hul harde werk en toewyding gedurende haar vormingsjare op skool.
Sy wil ook graag Ronel de Welzim bedank vir haar positiewe insette in haar lewe.
Haar prestasie wys weereens dat kinders van die platteland nie hoef terug te staan vir kinders verbonde aan groot skole in die stede en privaat skole nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'