ABERDEEN NUUS - Leerders en ouers van Kamdebo Primêr in Aberdeen is sedert vroeg vanjaar besig om geld vir die skool in te samel.
Tydens die jaarlikse Debutante Bal, wat op 10 November gehou is, was baie leerders trots om deel te kon wees van die R86 456 wat vir 2023 ingesamel is.
Ongeveer tien leerders is uit elke graad gekies om as debutante vir die skool op te tree en het geld ingesamel deur met 'n donasieboekie rond te loop - Kelly Februarie, hoof van die grondslagfase by die skool en gr. 2-onderwyser, sê dat enige donasie welkom was - van R5 tot R500.
"Ons ouers het ook gebak en gebrou, die skool is so geseënd met wonderlike ouers."
Hierdie jaar se tema, Welcome to Africa, het gesorg vir 'n paar interessante uitrusting van leerders sowel as die ouers - die leerders het onder andere dansies, waaraan hulle ure voorberei het, uitgevoer.
Februarie sê dat die geld geallokeer is om interaktiewe witborde vir die skool in die nabye toekoms aan te koop, maar dat die funksie ook iets lekker is wat die gemeenskap bymekaarbring. "Ons het in die strate met versierde motors rondgery en almal het dit baie geniet."
Die wenners wat die meeste geld ingesamel het was:
- Sesde plek: Devone Sweetland - R3 000 - ingesamel
- Vyfde plek: Damion Nel - R3 400 ingesamel
- Vierde plek Renicia Kekana - R3 700 ingesamel
- Derde plek Hope Maloy - R4 800 ingesamel
- Tweede plek: Kira Lawrence - R8 000 ingesamel
- Wenner Janiel - R18 880 ingesamel
Van links is Damion Nel, Hope Maloy, Kira Lawrence, Janiel Pieterse, Renicia Kekana en Devone Sweetland.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’