WILLOWMORE NUUS - Plaaslike burgermeester Deon de Vos het vanoggend (29 Oktober) prysgeld aan twee leerders van Elmor Primêr oorhandig.
Leerders Deslaine Booysen en Marlize Esau het elkeen R1 000 ontvang vir hul onderskeidelike prestasies in wiskunde en natuurwetenskappe.
“Hierdie beurse kom uit [De Vos] se persoonlike finansies, nie van die munisipaliteit af nie,” het ’n woordvoerder van die skool aan die Advertiser gesê. Volgens die skool sal De Vos ook betrokke wees by ’n beursfonds vir leerders wat nie registrasie fooie vir tersiêre studies kan bekostig nie.
“Die skoolgemeenskap van Elmor Primêr wil hulle opregte dank teenoor die burgermeester uitspreek,” het die skool gesê.
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Karoo nuus'