HOFMEYR NUUS - "Dit brand by die Tweelingkoppe." Dié vroeë brandwaarskuwing op 'n WhatsApp-groep in Hofmeyr deur 'n plaaseienaar het dadelik 'n klompie boere se aandag getrek.
Nabygeleë bure het dadelik hul brandenjins volgetap en gesorg dat genoeg brandstof beskikbaar is. Diegene wat arbeiders op die Sondagmiddag beskikbaar gehad het, het nadergery om te help blus.
Die brand het agter die Tweelingkoppe ontstaan en daar is nie piekniekplekke in die nabyheid nie. Daar word vermoed dat dit kwaadwillige brandstigting was.
Johan du Plessis, 'n aangrensende buurman, sê hy het geen weiding verloor nie.
"'n Ligte windjie wat ná 16:00 opgesteek het, het sake aansienlik vererger. Inwoners van Eluxokweni het onmiddellik hul raadslid versoek om hulp vanaf Queenstown aan te vra," vertel Barend Opperman.
Dit is egter wel bekend dat die brandenjin wat deur die Hofmeyr-landbouvereniging vir spesifiek hierdie tipe scenarios aangekoop is, geruime tyd terug reeds wederregtelik uit die streekdiensteraad se stoor verwyder en na Queenstown geneem is.
Geen hulp was dus vanuit die Chris Hani-streekdiensteraad beskikbaar nie, maar plaaslike boere het ingespring en die brand onder beheer gebring voordat daar enige lewensverlies was. Geen wonings is ook beskadig nie.
"Ek en my span het baie hard geveg om die vlamme te blus, maar ek het steeds 2 000 ha-weiveld in die brand verloor," sê Matt Philps. Hy is ook innig dankbaar vir hulp wat hy van sy bure en sy swaer, Kiepie Pienaar, ontvang het.
Opperman sê dié terugslag tref hul swaar, aangesien sy gesin hul moeder en skoonmoeder verlede Donderdag ter ruste gelê het. "Hierdie naweek moes dien as 'n naweek waarin die familie die toekoms in heroënskou moes neem,"
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'