KROONVALE NUUS - 'n Brand in Kroonvale het Manie Voster sonder enige klere en besittings gelaat.
Manie is Saterdagaand omstreeks 8.20nm wakker gemaak, toe sy broer, Tol Voster, sy sinkplaathuis in Impalaweg 9 se deur afgetrap het en die informele huis in vlamme gehul was.
Manie vertel hy was vas aan die slaap en sou doodgebrand het as dit nie vir sy broer was wat tot sy redding gekom het nie.
"Ek het alles in die brand verloor. Ek dra geleende klere en al my besittings is deur die vlamme vernietig."
Toe die brandweer op die toneel aankom is die huis reeds verwoes. "Die vlamme het te vinnig versprei," het Manie gesê.
Nie Manie of Tol weet wat die oorsaak van die brand was nie. Polisiewoordvoerder, Bradley Rawlinson, sê geen kriminele saak word ondersoek nie.
Water word op die brandende sinkplaathuis gegooi. Foto's: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Kroonvale, Karoo nuus'