Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Die brandweer poog om ‘n verwoestende brand by Sonstraal-kleuterskool in Santaville in Graaff-Reinet te blus.
Die brand het sowat twee ure gelede by die skool uitgebreek en reeds erge skade aangerig.
Die skoolopsigter van 25 jaar, Lukas Adams, sê die skool het in die laaste tyd erg onder vandale deurgeloop en daarom vermoed hy dat die brand doelbewus gestig is.
Adams sê hy dink nie die skool sal gered kan word nie en dat sloping sy geliefde skooltjie se voorland is.
Raadslid Joy Williams sê die eerste brandweerwa het sonder water opgedaag en so het die brand kans gehad om vinnig te versprei.
‘n Skare drom saam op die toneel wat brandbestryders se taak bemoeilik.
Die polisie sê dit is te vroeg om kommentaar te lewer oor die mootlikheid dat die brand doelbewus gestig is en dat die ondersoek die oorsaak sal bepaal.
Kyk 'n video hieronder:
Luister hier na onderhoude deur korrespondent Sakkie van Zyl:
Onderhoud: Raadslid Joy Williams
Skoolopsigter Lukas Adams.
Die skool is in ligte laaie.
Nuuskieriges drom op die toneel saam.
Raadslid Joy Williams het self ingespring om die vlamme te blus.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'