GRAAFF-REINET NUUS - Een van Graaff-Reinet se bekendste bakens en 'n instelling op die dorp, Botha's Garage, het Woensdag hul 100ste bestaansjaar gevier.
Dié familie-onderneming, bekend vir hul omvattende reeks motoronderdele en -toebehore, is tans besig om hul perseel in Market Square 11 te herontwikkel en te moderniseer.
Ná voltooiing sal Botha's Garage kan spog met, onder andere, 'n koffiewinkel en 'n OK Foods en ruim parkering.
Ons plaas aanstaande week 'n bylae oor Botha's Garage se 100ste verjaarsdagvieringe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'