GRAAFF-REINET NUUS - Oudleerders van Spandau gaan in Oktober 'n borsbeeld van hul voormalige hoof Frederick Hufkie, ook bekend as ‘Chief’, by die museum onthul.
Dit vorm deel van 'n Fred Hufkie Legacy Celebrations-naweek wat van 7 tot 9 Oktober beplan word.
Volgens Ashley Theron, voorsitter van die Fred Hufkie Era Spandaunians, het 'n klein groep Spandaunians op Facebook begin gesels oor hoe hulle hul voormalige skoolhoof kan eer.
Hulle het Ezzard Hufkie sowel as die res van Hufkie se sibbe genader om meer inligting oor sy tyd by Spandau Sekondêr en voormalige leerlinge te bekom.
"Ons het uitgevind dat nog 'n groep oudleerders 'n soortgelyke idee in 2015 gehad het en vandaar die besluit om die borsbeeld te laat maak."
Lees meer in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'