GRAAFF-REINET NUUS - Boplaas, die bekende wynkelder van Calitzdorp, was een van 70 van Suid-Afrika se topwynprodusente wat onlangs sedert Donderdag in Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda saamgetrek vir die jaarlikse Stoep Tasting Wine Weekend.
Rose Wright, voorsitter van die Karoo-wynklub en hooforganiseerder van die wynfees, sê bykans 6 000 mense van oral in Suid-Afrika het opgedaag om van die land se beste wyne te proe.
Die organiseerders skat dat Graaff-Reinet met dié wynfees 'n kontantinspuiting van R30 miljoen gekry het wat die plaaslike ekonomie 'n groot hupstoot sal gee.
Een van die gewildste wynstalletjies by die afgelope naweek se Stoep Tasting Wine Weekend op Graaff-Reinet was dié van Boplaas naby Calitzdorp wat druk besoek is. Hier proe Ron en Sally Nienaber van St. Francis van die bekroonde whiskey wat Rozanne Nel (regs) van Boplaas geskink het. Langs haar staan Zelda Botha.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'