KAROO NUUS - Twee reuse bome het gisteraand, Woensdag 8 Julie, omgewaai weens sterk winde in die Kamdeboo Bewaararea.
“Dit was rof,” het Hanli Rose-Innes aan die Advertiser gesê. “Een, n groot peperboom, het ons huis op Grootvlei net-net gemis.”
Die tweede boom, n ou akkerboom, het op Paardekraal omgewaai.
Volgens Rose-Innes is kragtige winde van sowat 97 km/uur gemeet by die Zondagsrivierhoek weerstasie.
“Dit klink asof die Romeinse-leer op jou afstorm! My man sê hy het nog nooit sulke winde beleef nie.” Volgens Rose-Innes moes mense buite hande-viervoet loop om nie om te waai nie.
Kragtige winde is vir regoor die Karoo voorspel vir vandag, 9 Julie, en Vrydag 10 Julie.
Yslik groot! Een van die bome wat omgewaai het.
Dié peperboom op Grootvlei het n huis net-net gemis
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'