GRAAFF-REINET NUUS - Die leerkrag verbonde aan die ATKV-jeugtak by Spandau Sekondêr, Rose Koeberg, het onlangs die plaaslike polisiediens genooi om die ATKV-leerders te kom toespreek.
Die dag se onderwerp het gehandel oor die toename van geweld in die dorp en in die leerders se gemeenskap.
Die polisie het die jongmense ingelig oor die gevare van dwelmisbruik en die negatiewe gevolge sou hulle by enige misdade betrokke raak.
Die leerders is ook ingelig oor hoe om hulself te beskerm en veilig te bly.
Die leerders het hierdie geleentheid geweldig waardeer en het elk daardeur bemagtig gevoel na afloop van die besoek.
Hier verskyn lede van die plaaslike polisie saam met die leerders en leerkrag verbonde aan Spandau Sêkonder se ATKV-jeugtak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'