CRADOCK NUUS - Graham Lombard en sy vrou Gerda het die afgelope Saterdag hul huweliksbeloftes op Blomfontein, digby sy ouerhuis in die Cradock-distrik, afgelê.
Graham het bekendheid verwerf met sy deelname aan die 12de seisoen van Boer soek 'n vrou, maar hy het nie daar geholpe geraak nie.
Hierdie liefdesverhaal het in 2020 ontstaan na 'n vakansieromanse.
Lombard is 'n skaap- en beesboer in die Cradock-distrik en is ook 'n oudleerder van Hoër Landbouskool Marlow buite Cradock (Nxuba). Gerda, die dogter van die skryfster Petro Hansen, bedryf haar eie besigheid wat dekor vir troues doen, en het haar eie troue en dekor beplan.
Haar elegante trourok het Graham en hul huweliksgaste se asems weggeslaan, en die massas rose by die venue, wat tipies volgens karoosomers nou in volle blom staan, het die dag omskep in 'n vreugdefees.
Die Lombard-egpaar sal vir hul wittebrood op safari gaan, en daarna na die Basaruto-eilande teen die kus van Mosambiek.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'