GRAAFF-REINET NUUS — 'n Pragtige blokkies-kombers is onlangs gemaak vir uitloting ten bate van die Huis van der Graaff tehuis vir bejaardes in Graaff-Reinet.
Dié blokkies-kombers bestaan uit honderde verskillende kleure blokkies en is ideaal vir daardie spesiale piekniek in die somermaande of om as 'n speelkombers vir kleuters te dien.
Die fondse wat geïn word deur die uitloting van die kombers, sal vir die stywing van Huis van de Graaff se koffers toegewend word.
Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om dié projek te ondersteun.
Lootjies is beskikbaar by Our Yard in Somerset Street en Pick n Pay in Kerkstraat teen R100 elk.
Die trekking sal op 15 Desember plaasvind.
Die kombers het twee bypassende kussingslope.
'n Kniekombers - wat gehekel is van suiwer wol - sal ook tydens die trekking as troosprys uitgeloot word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'