GRAAFF-REINET NUUS – Die vlytige vingers van Denise Lombard, Jane Hulleman, Yvonne Penney, Magda Birkenbach en Albé Neethling was hard aan die werk met die maak van 'n pragtige blokkies-kombers.
Dié blokkies-kombers bestaan uit honderde verskillende kleure blokkies en is ideaal vir daardie spesiale pieknieks in die somermaande of om as 'n speelkombers vir kleuters te dien.
Die kombers is vir uitloting en die fondse wat geïn word, sal vir die stywing van Huis van de Graaff se koffers toegewend word. Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om dié projek te ondersteun.
Kaartjies is beskikbaar vanaf Our Yard in Somerset Street en Pick n Pay in Kerkstraat teen R100 elk.
Die trekking sal 15 Desember plaasvind.
Die kombers het twee bypassende kussingslope. 'n Kniekombers - wat gehekel is van suiwer wol - sal ook tydens die trekking as troosprys uitgeloot word.
Skakel gerus vir Albé Neethling vir verdere navra by 082 876 1613.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'