JANSENVILLE NUUS - Die inwoners van Huis Welverdiend in Jansenville was geensins onaktief die afgelope week nie, sê bestuurder, Leoné Mulder.
Volgens Mulder, het die inwoners Dinsdagmiddag, 23 Januarie, 'n rustige, stimulerende inkleursessie deurgewerk. Potloodkryte, vetkryte en waterverf is gebruik om pragtige kunswerke te skep waarop elke kunstenaar baie trots is.
Woensdag het sommige van die inwoners, en verál diegene wat graag brei, na Amanda Potgieter gegaan vir 'n breiklas.
Amanda brei die mooiste troetelbeertjies, en met die Hofmeyr Hugs of Hope-uitdaging, het 'n paar vroue ook begin om van hierdie troetelbere te brei.
Amanda brei ook knitted knockers, dit is vals borsies wat aan borskankerlyers oorhandig word na mastektomie-operasies.
Huis Welverdiend se breiers gaan Amanda help en hierdie kunsborsies te brei.
Donderdag was Bingo-dag, en die baie pryse en opgewondenheid het 'n heerlike atmosfeer geskep.
Vrydagmiddag het die sitkamer kant-en-wal gesit met fliekgangers, vir ’n vertoning van Spies en Plessis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’