GRAAFF-REINET NUUS - ’n Groep motorfietsryers beplan ’n massa-rit in Graaff-Reinet op Saterdag, 29 Augustus, om hul ondersteuning teen plaasmoorde te wys.
Die organiseerders is Basjan Mulder en Neels Erasmus.
Die groep beplan om 11:00 vanaf Tyremart in die dorp te vertrek, en nooi almal om deel te neem.
“Bring jou bike, jou off-road, jou quad bike of selfs jou bakkie en kom ondersteun ons om ’n standpunt te maak teen plaasmoorde,” het Mulder gesê. “Met julle hulp kan ons ’n impak maak.”
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'