GRAAFF-REINET NUUS - Ricardo Smith, DA-raadslid van wyk 2 in Dr Beyers Naudé plaaslike owerheid, het onlangs self ingespring om 'n onwettige vullishoop skoon te maak.
Nadat hy talle klagtes ontvang het van inwoners van Rivierstraat oor 'n publieke oop ruimte wat gebruik word as 'n toilet en vullishoop, het hy aan die werk gespring en met 'n skenking van draad eiehandig die area opgeruim en omhein.
Smith sê hy glo aan 'n skoon en veilige wyk. “Dit is my plig om dit vir die inwoners te doen.”
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'