GRAAFF-REINET NUUS - Dit was 'n opwindende aand vir die inwoners van Edenhof in Graaff-Reinet, want op 29 Februarie was dit skrikkeljaar en dit beteken net een ding - die skrikkeljaardans!
Elkeen het met opwinding gewag en met hulle dansskoene aan, moes hulle 'n besem opdollie en saambring vir dié geleentheid.
Die bestuurder het nooit gedink dat die aand so spesiaal sou wees nie. Die inwoners van Edenhof het hul kreatiwiteit wysgemaak, en toe die deure van die saal om 17:30 oopmaak, het daar 'n stroom oulike besems ingestroom.
Die aand het afgeskop met 'n fotosessie waar almal met hul besems gepronk het. Daarna was dit tyd vir heerlike braaivleis met melktert gevulde pannekoek as nagereg. Chris Bouwer het die atmosfeer opgekikker met sy musiek.
Om die wenner van die beste besem aan te wys was 'n taak wat die bestuurder nie alleen kon hanteer nie aangesien elke besem baie spesiaal aangetrek was. Hulp is per WhatsApp ingeroep, en so is die wenners uiteindelik aangekondig.
Dit was 'n aand vol herinneringe en vreugde, een wat die inwoners van Edenhof vir 'n lang tyd sal onthou.
Rauna Els Foto's: Martie Bekker
Die wenner van die besempoppe was Engela Dippenaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’