GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Kennisgewing is onlangs deur die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit uitgereik wat waarsku van ‘n Eskom-kragonderbreking op Sondag, 15 April.
Die dorpe wat hierdeur geaffekteer sal word sluit Graaff-Reinet, Aberdeen, Nieu-Bethesda en Klipplaat in.
Die kennisgewing lui, “die elektrisiteitstoever sal afgesluit sal wees tussen 06:00 en 18:00 op Sondag, 15 April sodat dringende onderhoudswerk uitgevoer kan word.”
"In die geval van ongunstige weer, sal die onderbreking van toevoer uitgestel word tot Sondag, 22 April, vanaf 06:00 tot 18:00. Geen waarborg kan gegee word dat die kragtoevoer vir die hele tydperk afgesluit sal wees nie, en verbruikers moet dit beskou asof die krag die hele tyd voorsien word.”
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'