ABERDEEN NUUS - ‘n Kennisgewing is onlangs deur die Dr Beyers Naude-munisipaliteit uitgereik wat waarsku van ‘n kragonderbreking in die Aberdeen-distrik op Sondag, 3 September.
Die areas wat hierdeur geaffekteer sal word sluit Aberdeen (dorp), Thembalesizwe, Lotusville en Hagenheim in.
Die kennisgewing lui, “die elektrisiteitstoever sal afgesluit sal wees tussen 07:00 en 18:00 op Sondag, 3 September sodat dringende onderhoudswerk uitgevoer kan word.
"In die geval van ongunstige weer, sal die onderbreking van toevoer uitgestel word tot Sondag, 10 September, vanaf 07:00 tot 18:00. Geen waarborg kan gegee word dat die kragtoevoer vir die hele tydperk afgesluit sal wees nie, en verbruikers moet dit beskou asof die krag die hele tyd voorsien word.”
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'