GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - Die volgende leerders het met hul talente gewoeker tydens Hoër Volkskool se kleure-atletiekbyeenkoms wat op 16 Januarie plaasgevind het:
- Shirwan van Staden het die Volksiebeker verwerf vir die atleet wat die vinnigste 100m afgelê het - hy het die afstand in 11,03 sekondes voltooi.
- Hy is vir dié prestasie ook met die Volksiebeker vir die beste baanprestasie onder die deelnemende seuns erken.
- Die Volksiebeker vir die meisiesatleet wat die 1 500m die vinnigste gehardloop het, is aan Elize de Jager toegeken. Sy het die afstand in 6:1,08 sekondes voltooi.
- Die seunsatleet wat die 1 500m die vinnigste voltooi het, was Jay-Dee Jooste in 'n tyd van 4:50,20 sekondes. Hiervoor is hy die Wessel Fourie-beker toegeken.
- Die Charlie Lategan-beker is oorhandig aan Marni van der Merwe vir die beste baanprestasie onder die meisies. Sy het die 200m (Dogters O.16) in 27,21 sekondes voltooi.
- Die Ou Mutual-beker vir die beste veldprestasie deur 'n meisiesatleet is aan Dané Thiart toegeken vri haar prestasie in die gewigstoot Dogters O.16. Sy het 'n afstand van 10,78m behaal.
- Die Christo Bezuidenhout-beker vir die beste veldprestasie deur 'n seunsatleet is deur Jay-Dee Jooste verower vir sy 1,80m behaal in die hoogspring Seuns O.19-item.
Marli van der Merwe is aangewys as die geleentheid se Junior Victrix Ludorum, PJ de Goede as die Junior Victor Ludorum, Marni van der Merwe as die Senior Victrix Ludorum en Jay-Dee Jooste as die Senior Victor Ludorum.
Marni van der Merwe, Danè Thiart, PJ de Goede, Jay-Dee Jooste, Elize de Jager, Sherwin van Staaden en Marlie van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'