GRAAFF-REINET NUUS - Die vierde episode van Karoo-kombuis speel hom af by die Drostdy Hotel in Graaff-Reinet met hul puik hoofsjef, Kason Foruin, wat vanaand op die kassie sy koskennis en fynere kookkunsies met kykers sal deel.
Almare Fourie, eienaar van die Pioneers Restaurant in Graaff-Reinet, is oudergewoonte die gasaanbieder van Karoo-kombuis.
Die program is daarop gemik om kykers blootstelling te gee aan die wonders wat die Karoo bied. Onopgesmukte tradisionele Karoo-disse word deur plaaslike gaskokke, en 'n paar uitmuntende sjefs, voorberei en die episodes word by verskillende restaurante, gastehuise en selfs op 'n plaas in Graaff-Reinet opgeneem.
Elkeen het sy eie tema en spog met 'n spesiaal gedekte tafel vir ses genooide gaste.
Maar kom kyk gerus op Via vandag om 17:00 op kanaal 147 op DSTV daarna om te sien wie is die plaaslike genooide gaste wat gaan aansit vir 'n heerlike Karoo-kuier.
Onder hulle is natuurlik die eerste burger van Graaff-Reinet. En 'n paar ander bekendes.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'