GRAAFF-REINET NUUS - Een van Graaff-Reinet se bemindste en bekendste inwoners, Vicky Brummer (76), is Sondag ná 'n kort siekbed oorlede.
Vicky het Brummer-begrafnisdienste sedert hy twintig jaar oud was by sy pa oorgeneem en vir 56 jaar suksesvol bestuur. Sy seun, Johan, gaan nou die besigheid oorneem.
Vicky is laat verlede jaar met velkanker gediagnoseer, wat in Januarie vanjaar na sy longe en sy brein versprei het.
Vicky laat sy vrou, Naomi, en sy twee kinders, Johan en Janice, agter.
Die begrafnisdiens is op Maandag 24 Mei om 11:00 vanuit die Assembly-kerk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'