CRADOCK NUUS - Carien Nel het bejaarde inwoners van die Elizabeth Jordaan-tehuis op Vadersdag bederf.
"Ai, hoe spoggerig het ons Elizabeth Jordaan nie gelyk op Vadersdag nie," vertel Marietjie Opperman, inwoner van 'n woonstel in die Erika-sentrum.
Nel het ook vanjaar die tehuis op Moedersdag verfraai. Sy maak van skilderye, kunsstukke, asook borduurstukke gebruik.
Vir die tafelversierings gebruik sy graag oudhede wat deur inwoners en hul families geskenk word.
Die inwoners het met groot opgewondenheid uitgesien om te sien hoe die eetsaal omskep is en hul was nie teleurgesteld nie.
Carien Nel het die inwoners van Elizabeth Jordaan met mooi tafelversierings op Vadersdag bederf.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'