GRAAFF - REINET NUUS - Laer Volkskool kon, soos alle ander skole in Suid-Afrika, ná twee jaar waarin die Covid-19-pandemie sportbyeenkomste gekniehalter het, weer 'n normale atletiekbyeenkoms aanbied.
Die veld- en baanitems is op afsonderlike dae aangebied en die atlete en onderwysers het hulself gate uit geniet.
Verskeie puik vertonings is gelewer.
Alecia Louw is aangewys as victrix ludorum en AW Lambrecht as victor ludorum.
Gideon van der Mescht het die aksiefoto's geneem.
FOTOGALERY : Laer Volkskool se normale atletiekbyeenkoms
Johannes Retief en Jamie Mdudumani keil mekaar op.
'Ons bring jou die nuuste Graaff-Reinet, Karoo nuus'