KAROO NUUS - Die ATKV-tak Spandaukop, het Saterdag 16 September 'n motiveringsoggend by Huis Eybers-koshuis aangebied.
Die kreatiewe denker en kultuurargitek van Brain Tribe, Manie Botha, het behoorlik die gaste laat skaterlag met sy pittige lewenswaarhede.
Die tema, "Brille en Pille", het gehandel oor die lens waardeur jy die lewe sien en ervaar en hoe jy, deur jou gedagtes op die positiewe te fokus, jou perspektief op dinge kan verander.
Jaco Spies, streeksbestuurder van die Oos- en Noord-Kaap, het ook die geleentheid bygewoon en het gaste vermaak met 'n paar ysbrekers, onder andere die maak van musiek deur 'n boomwhacker op jou handpalm te slaan.
Hy het ook vertel dat die ATKV se tema vir die jaar gemeenskap, omgewing en verbintenis is en dat dit die ankers is om te floreer in 'n samelewing.
Daar is verskeie pryse uitgedeel, maar die lekkerste een was sekerlik die naweek in Hartenbos; die gelukkige wenner daarvan is Ilse Botha.
Na die tyd het gaste vir 'n groepfoto reggestaan en met 'n positiewe gemoed teruggekeer huis toe.
Die volgende funksie wat deur ATKV-tak Spandaukop aangebied word sal op 21 Oktober plaasvind en word as 'n damesoggend saam met Reinette Herbst as gasspreker beplan. Skakel vir Archie Cronjé, voorsitter van die ATKV-tak Spandaukop, by 072 700 9490 om meer daaroor uit te vind.
Die gaste wat die geleentheid bygewoon het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’