KAROO NUUS - Die ATKV-tak Noorsveld van Jansenville het 'n donasie van leesboeke by Huis Welverdiend in Jansenville afgelaai.
Leoné Mulder, bestuurder van die tehuis, sê dat die ATKV-tak besluit het om leesboeke met lekker stories vir Huis Welverdiend se lesers in te samel.
"Vir die lesers onder die inwoners is dit 'n groot opgewondenheid. Hulle kon nie wag dat die liefdesverhale uitgepak word nie," sê Mulder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’