GRAAFF-REINET NUUS - In die tydperk 16 - 22 Oktober, het die Graaff-Reinet SAPD vyf verdagtes vir aanranding ernstig en twee vir aanranding gewoon toegesluit. Ttwee rowers is ook agter tralies geplaas.
Graaff-Reinet
- Twee huisbrekers en een vermeende dief is aangekeer. So is twee verdagtes ook vir veediefstal en een vir winkeldiefstal gearresteer.
- Twee arrestasies is vir roof uitgevoer, terwyl nog twee vir opsetlike saakbeskadiging voor die hof gedaag is.
- Vir die oortreding van die Wet op Gesinsgeweld is drie mense polisieselle toe geneem.
- Die besit van dwelms het vier verdagtes tydelik hul vryheid gekos en vier het geboet vir die misbruik van alkohol.
- Twee mense is gearresteer vir verkeersoortredings.
Aberdeen
- Vyf mense is vir dronkenskap gearresteer, terwyl vir diefstal, aanranding ernstig besit van dwelms, besit van gesteelde eiendom, huisbraak en roof, een arrestasie vir elk van dié misdrywe uitgevoer is.
Vonnisse
- Besit van mandrax: drie maande gevangenisstraf.
- Huisbraak: 18 maande gevangenisstraf, opgeskort vir een jaar.
- Diefstal: drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie maande.
- Aanranding: twee jaar gevangenisstraf, opgeskort vyf jaar.
- Diefstal: 15 maande gevangenisstraf.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'