KAROO NUUS - Die besit van dwelms het van 9 - 15 Oktober die meeste arrestasies tot gevolg gehad.
Die Graaff-Reinet SAPD het nege vermeende verdagtes vir dié misdryf toegesluit, terwyl twee verdagtes in die Aberdeen-polisieselle was, na hulle met dwelms gevang is. Die misbruik van alkohol het drie mense in Aberdeen agter tralies laat beland.
Graaff-Reinet
Vier verdagtes is vir geweldsmisdade toegesluit. Dié arrestasies sluit in moord (1), aanranding gewoon (1), aanranding met die doel om ernstig te beseer (1) en roof (1).
Vier verdagtes is vir huisbraak gearresteer en twee vir diefstal.
Opsetlike saakbeskadiging het twee arrestasies tot gevolg gehad.
Een persoon is vir 'n verkeersoortreding toegesluit.
Aberdeen
Vir diefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer, is een arrestasie vir elk van die misdrywe gemaak.
Vonnisse
- Roof: twee verdagtes is elk vyf jaar gevangenisstraf vier roof opgelê.
- Besit van mandrax: drie maande gevangenisstraf.
- Besit van mandrax: R1 000 boete, met 'n keuse van ses maande gevangenisstraf.
- Huisbraak: 18 maande gevangenisstraf, opgeskort vir een jaar.
- Diefstal: drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie maande.
- Aanranding ernstig: twee jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
- Crimen Injuria: R2 500 of drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir twee jaar.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'