KAROO NUUS - Graaff-Reinet
Tien inbrekers is sedert 22 Augustus agter slot en grendel. Drie ander vermeende diewe is ook vasgetrap, terwyl twee winkeldiewe hul aksies in die hof moet verduidelik.
Vir geweldenaars was daar min genade, met sewe arrestasies vir aanranding. Drie rowers en een verdagte wat ander se eiendom beskadig het, is toegesluit. Vir die besit van dwelms is vyf mense gearresteer en sewe is selle toe vir drankmisbruik.
Vir verkeersoortredings sal drie mense hul bestuursvernuf aan 'n landdros moet verduidelik.
Aberdeen
Twee vermeende aanranders, 'n diefstal verdagte, en 'n verdagte in 'n winkeldiefstalsaak, is in dié dorpie toegesluit.
Vonnisse
Aanranding: een persoon is vir ses maande tronk toe.
Diefstal: 'n dief moes 'n keuse maak tussen 'n R1 000 boete of drie maande gevangenisstraf.
Huisbraak: een huisbreker is ses maande gevangenisstraf opgelê, wat vir twee jaar opgeskort is. Besit van mandrax: twee beskuldigdes is onderskeidelik met R800, opgeskort vir 30 dae, en R1 000, opgeskort vir 100, dae gevonnis.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'