GRAAFF-REINET NUUS - Die Graaff-Reinet SAPD het tydens 13-19 November behoorlik gewikkel om dwelsmokkelaars en mense wat alkohol misbruik toe te sluit.
Sewe verdagtes is gearresteer vir besit van dwelms, terwyl vyf dronkaards vir drink en onwelvoeglike gedrag in die polisieselle 'n draai gemaak het.
Graaff-Reinet
Geweldsmisdrywe is ook goed vasgevat, met een arrestasie vir moord, twee arrestasies vir aanranding gewoon, een vir aanranding ernstig, een vir opsetlike saakbeskadiging en vyf vir besigheidsrowe.
Ses huisbrekers (drie residensiële huisbrake en drie besigheidshuisbrake) het hulle ook agter tralies bevind.
Vir diefstal is vyf mense voor die hof gedaag en een vir die oortreding van die wet op gesinsgeweld.
Aberdeen
Drie drankverwante misdrywe het verdagtes in die selle laat beland.
Nog 'n verdere drie arrestasies - een vir die oortreding van die wet op gesinsgeweld en opsetlike saakbeskadiging (twee) is uitgevoer.
Vonnisse
Poging tot roof: drie maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie jaar.
Diefstal uit motor: R1 500 boete met die keuse van drie maande gevangenisstraf. Die vonnis is in geheel vir drie jaar opgeskort.
Besit van mandrax: R800 boete met die keuse van agt dae gevangenisstraf, in geheel opgeskort vir drie jaar.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'